Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Augrabies-waterval (Augrabieswaterval)
Augrabies-waterval [boodskap #125613] Ma, 06 Mei 2019 06:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die indrukwekkende Augrabiese waterval.
Die indrukwekkende Augrabiese waterval.
Die Aughrabies-waterval in die Oranjerivier word beskou as een van die vyf grootste valle in die wêreld. Dit is by verre die grootste waterval in Suid-Afrika in terme van volume. Dit het ’n direkte val van 145 meter (480 voet) met ’n verdere val van 45 meter (140 voet), tesame 190 meter (620 voet). Geleë 40 km (25 myl) van Kakamas en 127 km (79 myl) van Upington in die Noord-Kaap.

Die hoeveelheid water wat met ’n vloed daar afgaan, word bereken op 313 m3/s, of 500,000 kuseks (kub. vt. per sek.). Alleen wanneer die rivier laag is, van April tot Desember, kan die val mooi gesien word omdat dit alleen dan bereikbaar is. Die afskrikkende voorkoms van die walle van die poort, 12 km (7 myl) lank en 150 meter (500 voet) diep, wat tot ’n kloof/ravyn (canon) uitgevreet is, moet gesien word om ’n ware beeld daarvan te kan vorm.

Die naam is afkomstig van ’n Khoikhoi-woord Aukoerebis wat beteken "Die plek van die groot lawaai" (ook "die water wat donder"). Die eerste blanke wat dit gesien het, was die Nederlandse ontdekkingsreisiger Hendrik Wikar in 1778. In 1824 het ’n sekere Thomson daar aangekom en dit "The cataract of King George" genoem.

Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Auden, Wystan Hugh
Volgende onderwerp: Augsburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:30:51 MGT 2024