Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Auden, Wystan Hugh
Auden, Wystan Hugh [boodskap #125612] So, 05 Mei 2019 20:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Wystan Hugh Auden
Wystan Hugh Auden
Wystan Hugh Auden (1907-1973) was 'n Engelse digter. Hy het satiriese en liriese gedigte geskrywe, baie daarvan duister, en het ’n tegniek ontwikkel wat die moderne drama beïnvloed het. Afgesien van sy gedigte het hy ook 'n aantal toneelstukke, literêre kritiek en enkele opera-libretti geskryf.

Auden was een van Engeland se bekendste moderne digters. Hy was die leier van 'n groep digters wat as die Geslag van Dertig bekend gestaan het. Hul gedigte het hoofsaaklik die gevolge van die sosiale en ekonomiese depressie weerspieël. Hy vestig hom in 1939 in die VSA, waarna hy konsentreer op Christelike etiek en die morele dilemmas van die mens in die samelewing, eerder as die politiek.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Auckland
Volgende onderwerp: Augrabies-waterval
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:15:05 MGT 2024