Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Atlasgebergte (Atlas-berge)
Atlasgebergte [boodskap #125587] Sa, 04 Mei 2019 20:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ligging van die Atlasgebergte in die noordweste van Afrika.
Ligging van die Atlasgebergte in die noordweste van Afrika.
Die Atlasgebergte is 'n bergstelsel wat hom oor 2500 km in Noordwes-Afrika uitstrek, van Marokko deur Algerië tot Tunisië, en ’n hoogte van meer as 4000 meter bereik. Die hoogste piek is Jbel Toubkal, op 'n hoogte van 4 167 meter, in die suidweste van Marokko. Van die pieke is permanent met ys bedek. Die gebergte word hoofsaaklik deur Berbers in Marokko en Arabiere in Algerië bewoon.

Volgens 'n ou Griekse mite sou die kryger Perseus tydens een van sy reise op die plek afkom. Hy soek 'n skuilplek en vind dit by Atlas, maar hy wou nie vir Perseus help nie. In 'n vlaag van woede wys Perseus hom die kop van Medusa, wat Atlas in 'n groot hoop klippe verander. Dit is dan hoe die Atlasgebergte ontstaan het.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Atlas
Volgende onderwerp: Atmosfeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:22:31 MGT 2024