Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Atlantis
Atlantis [boodskap #125581] Sa, 04 Mei 2019 16:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Ou kaart wat die moontlike ligging van die mitiese Atlantis aandui.
'n Ou kaart wat die moontlike ligging van die mitiese Atlantis aandui.
Atlantis (Oudgrieks: Ἀτλαντίς, "eiland van Atlas") was 'n eiland wat volgens Plato in die Atlantiese Oseaan geleë was (miskien nie ver van Gibraltar nie), totdat dit in ’n dag en ’n nag onder die see verdwyn het. Die bewoners sou ’n ideale kultuur ontwikkel het.

Die inwoners van Atlantis was só ryk en die mense só edel dat die gemeenskap jare lank in algehele harmonie kon leef. Nadat hul goddelike bloed té veel met dié van sterflinge verdun is, het Zeus besluit om hul beskawing te vernietig. Ná 'n aardbewing het die eiland in die see weggesink.

Wetenskaplike ondersoek van die Atlantiese Oseaan se bodem kon egter geen bewys van so 'n eiland oplewer nie. Dit bevestig die vermoede dat dit maar net 'n mitiese plek was wat Plato vir sy stories geskep het.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Atlantiese Oseaan
Volgende onderwerp: Atlas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:56:17 MGT 2024