Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Atlantiese Oseaan
Atlantiese Oseaan [boodskap #125580] Sa, 04 Mei 2019 15:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Atlantiese Oseaan.
Die Atlantiese Oseaan.
Die Atlantiese Oseaan is die see tussen Afrika en Europa in die ooste en Noord- en suid-Amerika in die weste. Dit is die wêreld se tweede grootste oseaan en beslaan ongeveer een vyfde van die Aarde se oppervlakte. Die naam is uit die Griekse mitologie verleen, en beteken die "See van Atlas".

Die Oseaan is heel waarskynlik deur die Noormanne oorgevaar, dog die eerste vermelde oorvaart was dié van Columbus in 1492. Die eerste oorvaart met stoomkrag was in 1838 deur die Sirius en die Great Western. Die eerste geslaagde Atlantiese kabel is in 1866 gelê. Die eerste vliegtogte oor die Atlanties was in 1919; vir eerste maal deur ’n vliegtuig sonder vlieër oorgesteek in 1947. By Afrika word Kaap Agulhas as die oostelike einde van die Atlantiese Oseaan beskou.

Die twee hoofstrome is die Noord-Atlantiese en die Suid-Atlantiese stroom. Die oppervlakte bedra 76,762,000 km² en inklusief met die aangrensende seë 106,450,000 km². Die gemiddelde diepte, met aanliggende seë, is 3332 m, en 3926 m daarsonder. Die grootste diepte nog gevind is naby Porto Rico, 8605 m (28,232 voet) diep. Die wydte van die oseaan wissel van 2,848 km tussen Brasilië en Liberië, tot omtrent 4,830 km tussen die Verenigde State en Noord-Afrika.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Atlantiese Handves
Volgende onderwerp: Atlantis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:16:53 MGT 2024