Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Atlantiese Handves
Atlantiese Handves [boodskap #125579] Sa, 04 Mei 2019 15:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Atlantiese Handves is 'n gesamentlike verklaring (14 Augustus 1941) deur Brittanje en die V.S.A. omtrent beginsels van hul nasionale beleid en doelstelling van hul oorlogvoering, waarop hulle hul verwagtinge van ’n beter toekoms gegrond het. Hierdie verklaring van agt stellings is deur pres. F.D. Roosevelt en Winston Churchill opgestel. Paragraaf 3 van die Handves lui: "Alle volke het die reg op selfbeskikking".

Die onderliggende beginsel van die Handves was die "stigting van ’n breë en permanente stelsel van algemene veiligheid”. Dit is gevolg deur ’n konferensie in Washington waar verteenwoordigers van 26 lande ’n Gesamentlike Verklaring deur die Verenigde Volke onderteken het (1 Januarie 1942). Dit het die Atlantiese Handves ingesluit. Een-en-twintig lande het uiteindelik hierdie Verklaring onderteken.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Atlantic City
Volgende onderwerp: Atlantiese Oseaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:41:03 MGT 2024