Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Atkinson, Sydney James Montford
Atkinson, Sydney James Montford [boodskap #125572] Sa, 04 Mei 2019 10:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Atkinson (links) en George Weightman-Smith tydens die Olimpiese Spele van 1928.
Atkinson (links) en George Weightman-Smith tydens die Olimpiese Spele van 1928.
Sydney James Montford Atkinson (1901-1977) was 'n Suid-Afrikaanse atleet. Hy word die eerste atleet buite die V.S.A. om ’n goue medalje in die 110 meter-hekkiesloop by die Olimpiese Spele wen. Tydens die 1928-Spele in Amsterdam was sy tyd 14.8 sekondes, wat die wêreld- en Olimpiese rekord geëwenaar het. Hy het ook die Olimpiese silwermedalje in dieselfde nommer in 1924 gewen. Naas hekkiesloop was Atkinson ook 'n kranige verspringer. Hy is in Durban gebore en is ook daar oorlede.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Athlone, Alexander Augustus Frederick William Alfred George Cambridge, graaf van
Volgende onderwerp: Atlanta
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:41:16 MGT 2024