Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Atherstone, William Guybon
Atherstone, William Guybon [boodskap #125570] Sa, 04 Mei 2019 10:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die bejaarde William Atherstone.
Die bejaarde William Atherstone.
William Guybon Atherstone (1814 - 98) was 'n Suid-Afrikaanse geneesheer en geoloog van Britse herkoms. Hy kom as seun in 1820 na die Kaap saam met sy vader wat distriksgeneesheer word in Albanie. Word self in Dublin en Heidelberg (Duitsland) as geneesheer opgelei en word sy vader se vennoot. Gebruik in 1847 vir die eerste keer eter by ’n operasie in Suid-Afrika. Hy het belang gestel in die geologie en in 1867 die eerste diamant wat by Hopetown gevind is, uitgeken. Later was hy lid van die Wetgewende Vergadering van die Kaapse koloniale kabinet.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Athene
Volgende onderwerp: Athlone, Alexander Augustus Frederick William Alfred George Cambridge, graaf van
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:02:47 MGT 2024