Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Athene
Athene [boodskap #125569] Sa, 04 Mei 2019 10:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Tempel van die Olimpiese Zeus met die Lykavittós-heuwel in die agtergrond.
Tempel van die Olimpiese Zeus met die Lykavittós-heuwel in die agtergrond.
Athene is die hoofstad van Griekeland, met sy hawe Piraeus vier myl daarvandaan; ’n groot spoorweg- en handelsentrum, met mooi moderne geboue, maar veral beroemde bouvalle van ou tempels, ens., met name op die Akropolis; verwoes deur Xerxes 480 v.C.; oorgegee aan Alexander die Grote 335 v.C.; oor die 2,500 jaar ’n middelpunt van geleerdheid.

Athene, volgens die oorlewering na die godin Atena (Athena) genoem, het as ’n klein staat begin en naderhand ’n demokrasie geword. Die Atheners het ’n leidende rol gespeel in die oorwinning oor die Perse 490 en 480 v.C., en die oorwinnings het hulle aangemoedig om van voor af en beter te bou, vandaar die sg. eeu van Pericles (van ongeveer 440 v.C.), toe die grootsheid van die bloeiende stad die bewondering van die wêreld afgedwing het, en die volmaakte skoonheid van die geboue op die Akropolis nog onaangetas was. Oorlog tussen Athene en Sparta het voortgeduur van 431 tot 371 v.C., toe die Atheners verslaan is. Verder verneder deur die Macedoniërs (322 v.C.), het Athene ca. 146 v.C. onder Romeinse gesag te staan gekom.

Groot Atheners was Solon, Themistocles, Aeschylus, Sophocles, Euripides, Thucydides, Plato, Socrates en Demosthenes.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Atena
Volgende onderwerp: Atherstone, William Guybon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:44:14 MGT 2024