Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Arago, Dominique Francois
Arago, Dominique Francois [boodskap #125300] Ma, 08 April 2019 14:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Portret van François Arago.
Portret van François Arago.
Dominique François Arago (1786 - 1853) was 'n Franse natuurkundige, astronoom en politikus. Hy was een van die grootste sterrekundiges van die 19de eeu.

As wetenskaplike navorser is Arago groot lof toegeswaai. Hy kon goed en duidelik skryf en het baanbrekende navorsing op die gebied van magnetisme en optika gedoen. Benewens sy bydrae tot die bepaling van die meter, ondersoek hy die noordelike ligte as 'n magnetiese verskynsel, die fotometriese bepaling van die helderheid van die maan en sterre, en die effek van astronomiese breking op waarnemings.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Arabiese See
Volgende onderwerp: Aragon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:22:13 MGT 2024