Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Arabië (Arabiese Skiereiland)
Arabië [boodskap #125297] So, 07 April 2019 19:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Satellietbeeld van Arabië.
Satellietbeeld van Arabië.
Arabië is 'n groot skiereiland in suid-wes Asië, begrens deur die Rooi See in die weste, die Arabiese See in die suid-ooste, die Golf van Oman en die Persiese Golf in die noord-ooste. In die noorde grens die eintlike Arabië - die tuiste van die Arabiere - aan Jordanië en Irak. Dis ’n plato en hoofsaaklik woestyn. Die reënval is onbeduidend en daar is feitlik geen plantegroei nie. Afgesien van die nomadiese kameelboere van die woestyn lewe die meeste mense in oases, waarvan sommige duisende vierkante kilometer groot is. Die groot sentrale groep oases staan bekend as die Nedjd. Hier en in die vrugbare streke, bv. in die Jemen, word landbou beoefen. Belangrikste produkte: skape, kamele, velle, dadels, pêrels, koffie, tapyte en matte en, veral sedert 1938, olie. Die volgende is die belangrikste state in die gebied: Saoedi-Arabië (tot stand gebring deur Ibn Saoed), Jemen, die protektoraat Aden en die sjeikdomme Bahrein, Koeweit, Kwatar en Maskat en Oman. Die verspreide Arabiese stamme het ’n eenheid gevorm na Mohammed. Hulle het hul mag uitgebrei na Palestina, Mesopotamië, Persië, Egipte en Noord-Afrika en tot in Spanje. Die glorietyd van Arabië was onder drie kaliefe, Mansoer (754 - 755), Haroen al-Rasjid (786 - 809) en Mamoen (809 - 833). Voortreflike prosa en verse in Arabies is voor die 13de eeu geskryf, ofskoon die Duisend-en-een-Nag blykbaar uit Persië afkomstig is; die wiskunde (veral algebra) en ander wetenskappe het eertyds gefloreer; die Arabiese hoefysterboog het kenmerkend vir die Oosterse argitektuur geword. Twee van die belangrikste stede is Mekka en Medina.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Akwitanië
Volgende onderwerp: Arabiese Liga
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:14:03 MGT 2024