Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Apteekwese
Apteekwese [boodskap #125293] So, 07 April 2019 15:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Apteker.
'n Apteker.
Apteekwese is die beroep van bereiding en samestelling van medisyne en van die uitvoering van die voorskrifte van geneeshere. Dié beroep is 'n goeie keuse vir mense met ’n passie om siek mense te help, maar nie ’n verpleegster of dokter wil word nie. Die apteker moet egter sy werk met akkuraat kan doen, omdat die verkeerde medisyne erge negatiewe gevolge kan hê.

In Suid-Afrika word alleen geneeshere, aptekers of drogiste (tegnies farmaseutiese aptekers of farmaseuse) wat by die Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad of die Suid-Afrikaanse Aptekersraad geregistreer is, toegelaat om die beroep te beoefen.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Appomattox
Volgende onderwerp: Aquila
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:55:22 MGT 2024