Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Appomattox
Appomattox [boodskap #125292] So, 07 April 2019 10:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Posseël wat die gebeure by Appomattox uitbeeld.
Posseël wat die gebeure by Appomattox uitbeeld.
Appomattox is 'n rivier in Virginië, V.S.A. In die dorp met dieselfde naam staan ’n nasionale gedenkteken waar die Amerikaanse Burgeroorlog beëindig is.

Die dorp is na die rivier genoem, wat op sy beurt na die Appomattoc-indiane genoem is. Op 9 April 1865 het generaal Robert E. Lee van die Gekonfedereerde State hier aan generaal Ulysses S. Grant oorgegee, wat in wese die Amerikaanse Burgeroorlog eindig het. Die gebied word bewaar as die "Appomattox Court House Nasionale Historiese Park" en word deur die land se Nasionale Parkdiens geadministreer.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Appleton, sir Edward Victor
Volgende onderwerp: Apteekwese
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:52:35 MGT 2024