Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Appleton, sir Edward Victor
Appleton, sir Edward Victor [boodskap #125291] So, 07 April 2019 10:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Edward Victor Appleton
Sir Edward Victor Appleton
Sir Edward Victor Appleton (1892-1965) was 'n Engelse natuurkundige, het deelgeneem aan die ontwikkeling van die atoombom 1945; hoof van die Edinburgse Universiteit 1948. Nobelprys vir natuurkunde 1947. Hy het die Appletonlaag (ionosfeer) ontdek - ’n geïoniseerde gebied van die stratosfeer wat soms die F-laag genoem word, ongeveer 150 myl hoog bedags, 125 myl snags. Radiogolwe wat die Appleton-laag bereik, word na die aarde weerkaats en gaan dus nie in die ruimte verlore nie. Dit het gelei tot die ontwikkeling van die radar. Sien Atmosfeer.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Appiese Weg
Volgende onderwerp: Appomattox
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:38:59 MGT 2024