Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Appiese Weg (Via Appia)
Appiese Weg [boodskap #125285] So, 07 April 2019 07:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Appiese Weg op 'n satellietbeeld van Italië.
Die Appiese Weg op 'n satellietbeeld van Italië.
Die Appiese Weg (ook Via Appia of Die weg van Appius genoem) is 'n ou Romeinse pad. Die pad loop van die hoofstad Rome (naby die die weskus van die Apennynse Skiereiland) na Brundisium (Brindisi) aan die Adriatiese kus. Dit is begin deur die sensor Appius Claudius in 312 v.C. Die doel van die pad was om die ontplooiing van troepe te bespoedig, maar dit het ook ekonomiese groei gestimuleer. Paulus het daarlangs gereis toe hy ’n gevangene was.

Die Quo Vadis-kerk langs die Appiese Weg is by die ingang na Rome geleë. Dit is volgens oorlewering die plek waar die apostel Petrus vir Jesus raakgeloop het. Toe Petrus vra: "Heer, waar gaan u heen", antwoord Jesus: "Ek gaan na Rome om weer gekruisig te word". Petrus bedink hom en draai na Rome terug, waarna hy in die Tullianum opgesluit en onderstebo in Nero se Sirkus gekruisig is. Die kerk bevat 'n klip met die beweerde voetspore van Jesus daarop.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Appendisitis
Volgende onderwerp: Appleton, sir Edward Victor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:18:16 MGT 2024