Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Appendisitis (Blindedermontsteking)
Appendisitis [boodskap #125284] So, 07 April 2019 07:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die dikderm met die appendiks in rooi aangedui.
Die dikderm met die appendiks in rooi aangedui.
Appendisitis is die ontsteking van die appendiks, ’n wurm-vormige aanhangsel van die dikderm. Die appendiks, nou nutteloos, is ’n oorblyfsel uit ’n vroeër stadium in die mens se ontwikkeling. Voedsel of ’n vreemde voorwerp wat daarin vassit, kan bakteriese infeksie (appendisitis, of, minder juis, blindedermontsteking) veroorsaak, wat gewoonlik verhelp word deur die appendiks te verwyder ('n appendisektomie uit te voer).

Met infeksie word die appendiks progressief groter en vul met etter. Indien ontsteking nie vinnig behandel word nie kan die appendiks skeur (perforeer). Dit is baie gevaarlik aangesien die etter/stoelgang die buikholte kan binnedring en pasiënt kan peritonitis (ontsteking van die membrane van die buik) ontwikkel of daar kan 'n abses in die buikholte ontstaan. Indien appendisitis vermoed word moet dit so spoedig moontlik gediagnoseer en behandel word deur die blindederm uit te haal.

Buikpyn (maagpyn) is gewoonlik die oorheersende simptoom. Dit is 'n vinnig ontwikkelende pyn wat in die middel van die buik ervaar word en dan in 'n kwessie van 'n paar uur in die regter lae buik (waar die appendiks geleë is) manifesteer. Normaalweg vererger die pyn oor die volgende 6 tot 24 uur. Met 'n skielike beweging of hoes word dit as 'n steekpyn ervaar. Tydelike verligting kan bewerkstellig word deur die knieë tot teen die bors op te trek. Spoedige hospitalisasie is egter noodsaaklik.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Appelwyn
Volgende onderwerp: Appiese Weg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:29:49 MGT 2024