Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Appelluis (Eriosoma lanigerum)
Appelluis [boodskap #125281] Vr, 05 April 2019 19:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Appelboom wat met appelluise besmet is.
'n Appelboom wat met appelluise besmet is.
Appelluis (of bloedluis) is 'n plantluis (Eriosoma lanigera, familie Aphididae) van die orde Halfvlerkiges. Dit is 'n skadelike insek op appelbome. Die ongevleuelde wyfies is met 'n wit wollerige stof bedek wat ’n afskeiding is van huidkliertjies. Hulle lê meestal dig teen mekaar gepak op 'n lootjie of wortel van die appelboom. Die mannetjies is altyd ongevleueld.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Appelliefie
Volgende onderwerp: Appelwyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:59:19 MGT 2024