Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Appèl
Appèl [boodskap #125278] Do, 04 April 2019 18:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Wanneer ’n hof tot ’n verkeerde beslissing gekom het, hetsy wat die feite van die saak betref, hetsy die toepaslike regsreëls, kan die beslissing deur ’n hoër hof op appèl ter syde gestel word. Die verskil tussen appèl en hersiening is die volgende: In geval van appèl word die gevolgtrekking van die hof in twyfel getrek en in geval van hersiening die wyse waarop daardie gevolgtrekking bereik is. By appèl is die hof gebonde aan die verslag van die saak in die laer hof, maar nie by hersiening nie. Appèlle na die Geheime Raad is in 1950 afgeskaf. Sedertdien is die appèlhof die finale hof van appèl vir Suid-Afrika.

Die Appèlhof is ’n afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika wat geen oorspronklike jurisdiksie het nie - d.w.s. sake word nooit in die eerste plek daar verhoor nie - maar oor appèlle van Provinsiale en Lokale Afdelings van die Hooggeregshof beslis. In 1955 is die Appèlhof vergroot tot 11 lede (een waarvan die Hoofregter is). In gewone appèlle is ’n kworum 5 en in konstitusionele appèlle 11.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Appel
Volgende onderwerp: Appelkoos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:58:13 MGT 2024