Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Appel (Malus sylvestris)
Appel [boodskap #125277] Do, 04 April 2019 18:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Appels aan 'n appelboom.
Appels aan 'n appelboom.
'n Appel is die eetbare, vlesige vrug van die appelboom wat veral in koeler gebiede gekweek word. Suid-Afrika se vernaamste appelstreke is Langkloof, Ceres, Elgin en die Koo by Montagu.

Botanies gesproke is 'n appel die vrug van die bladwisselende boom Malus domestica behorende tot die roosfamilie (Rosaceae), of, minder ruim opgevat, Pomaceae (die appelfamilie). Die boom het sy oorsprong in Sentraal-Asië, waar sy wilde voorouer, Malus sylvestris, vandag nog voorkom. Dit vereis ’n koue winterklimaat.

Appels is die eerste keer in Suid-Afrika deur Jan van Riebeeck gekweek, wat die bome in 1654 van St. Helena af ingevoer het. Appels is vandag 'n belangrike bedryf met die vernaamste produserende gebiede om Elgin naby Kaapstad (na die Tweede Vryheidsoorlog hoofsaaklik ontwikkel deur die Molteno-broers en hulle bure in die Langkloof); op die Hoëveld naby Johannesburg en Vereeniging; en in die Vrystaat.

Die appel word hoofsaaklik vars geëet of kan gedroog en tot appelsap en appelwyn verwerk word. Dit word in die herfs ryp en hou baie lank in koelkamers. Suid-Afrika voer groot hoeveelhede na ander lande, veral Brittanje, uit. Bekende variëteite is Golden Delicious, Granny Smith, Ohenimuri, Starking, White Winter Pearmain, Rome Beauty en Rokewood. Dit kom oorspronklik uit Suidwes-Asië.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Appalache-bergreeks
Volgende onderwerp: Appèl
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:16:16 MGT 2024