Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Appalache-bergreeks (Appalachiese Gebergte)
Appalache-bergreeks [boodskap #125276] Do, 04 April 2019 15:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ligging van die Appalache in Noord-Amerika.
Ligging van die Appalache in Noord-Amerika.
Die Appalache is 'n gebergte in die noordooste van Noord-Amerika, grotendeels in die Verenigde State van Amerika. Die bergreeks strek vanaf die eiland Newfoundland in Kanada tot in die middel van Alabama in die VSA. Dit is 2400 km lank, 160 tot 480 km breed en die gemiddelde hoogte is 900 meter. Die hoogste piek, Mount Mitchell, is in Noord-Carolina (2 037 m). Dit is die hoogste punt in die VSA oos van die Mississippirivier, asook die hoogste punt in die ooste van Noord-Amerika. Die Appalache is ongeveer 480 miljoen jaar gelede tydens die Ordovisium-tydperk gevorm. Daar is talle steenkoolvelde in die omgewing.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Apostroof
Volgende onderwerp: Appel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:50:59 MGT 2024