Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Apostroof
Apostroof [boodskap #125274] Wo, 03 April 2019 18:51 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Apostroof (as stylfiguur) is die aanroep van ’n saak of persoon in sy afwesigheid. Die term is afgelei van Grieks apostrophe, wegdraai van ’n gehoor om een persoon toe te spreek. Die stylfiguur word dikwels gebruik teenoor 'n oorledene of nie-aanwesige persoon, of selfs 'n objek. Dit word in die literatuur gebruik wanneer die verhaal op dié wyse onderbreek word, soos in die volgende passasie uit Raka:

... O skoonheid van die lyf jy slaat
op uit die aarde soos die rooi vonk
uit die vuursteen spring.


Daana word die verhaal hervat met:
"En eindelik het Koki aan sy hart gewaar..."

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Re: Apostroof [boodskap #125275 is 'n antwoord op boodskap #125274] Wo, 03 April 2019 19:07 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Latynse letter N met 'n apostroof vooraan.
Die Latynse letter N met 'n apostroof vooraan.
'n Apostroof, weglatingsteken of die afkappingsteken is 'n leesteken in die vorm van 'n komma'tjie aan die bokant van 'n woord (). Sedert die bekendstelling van die tikmasjien en veral sedert die opgang van rekenaars word die '-karakter (wat op gewone sleutelborde voorkom) dikwels as apostroof ingespan.

In Afrikaanse word die apostroof in woorde soos 'n, g'n en s'n gebruik.

Dit word ook vir die meervoude van sekere woorde gebruik, soos foto's, safari's, disko's en balju's.
Vorige onderwerp: Apostel
Volgende onderwerp: Appalache-bergreeks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:17:37 MGT 2024