Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Apollo
Apollo [boodskap #125272] Wo, 03 April 2019 18:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die "Apollo Behedere" in die Vatikaan.
Die "Apollo Behedere" in die Vatikaan.
Apollo (Grieks: Apolloon) was 'n Griekse god wat die hoogste ideaal van manlike skoonheid verteenwoordig het. Hy was die seun van Zeus en Leto en word deur Homerus vermeld. Apollo was die god van die geneeskuns, voorspelling, kolonisasie, ens., en is deur atlete aanbid. Sy beroemdste tempel was in Delphi (in Griekeland).

Die "Apollo Behedere" in die Vatikaan, Rome, word beskou as die perfeksie van manlike skoonheid. Dit is 'n Griekse beeld waarvan die beeldhouer onbekend is.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Apollinaire, Guillaume
Volgende onderwerp: Apostel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:49:13 MGT 2024