Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Afrodite (Aphrodite)
Afrodite [boodskap #125266] So, 31 Maart 2019 06:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Weergawe van Afrodite in die Nasionale Argeologiese Museum in Athene.
'n Weergawe van Afrodite in die Nasionale Argeologiese Museum in Athene.
Afrodite (Aphrodite) was die Griekse godin van die liefde. Sy is een van die twaalf Olimpiese gode wat op die berg Olimpus gewoon het. Die Romeine het haar Venus genoem. Sy was die moeder van Eros (Grieks) of Cupido (Romeins), wat gewoonlik voorgestel word as 'n beeldskone jong man of as ’n gevleuelde seuntjie met pyl en boog.

Volgens die Griekse digter Hesiod het Kronos vir Uranus ontman en sy genitalieë in die see gegooi, waarna Afrodite uit die seeskuim (afros) ontstaan het. 'n Beroemde beeld van Afrodite, die Venus van Milo (ca. 400 v.C.), is in 1820 op die Griekse eiland Melos ontdek.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aphis
Volgende onderwerp: Apokalips
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:36:59 MGT 2024