Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Apennyne
Apennyne [boodskap #125264] So, 31 Maart 2019 06:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Apennyne in Italië.
Die Apennyne in Italië.
Apennyne (Italiaans: Appennini) is 'n bergreeks wat die "ruggraat" van Italië vorm en tot in Sisilië strek. Die bergreeks word in drie hoofdele gedeel: die noordelike Apennyne, sentrale Apennyne en suidelike Apennyne. Die bergreeks is 1 350 kilometer lank en strek van Ligurië in die noordweste van Italië tot in Kalabrië in die suidooste. Die Apennyne bereik sy hoogste punt in die Abruzze-streek by die Gran Sasso. Die hoogste piek, Corno Grande, is 2 912 meter hoog. Die mees suidelike gletser van Europa word hier aangetref, maar dit is sedert 1794 besig om te kwyn. Die suidelike berge is halfdroog. Die oostelike hange na die Adriatiese See is steil, terwyl westelike hange voetheuwels vorm waarlangs die meeste van die skiereiland se stede gevestig is.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Apelles
Volgende onderwerp: Aphis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:06:49 MGT 2024