Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Apache
Apache [boodskap #125258] Sa, 30 Maart 2019 18:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Apaches
Apaches
Die Apaches is Noord-Amerikaanse Indianestamme, vroeër aangetref in Nieu-Mexiko, Arizona en Texas. Hulle is oorspronklik uit die subarktiese Kanada afkomstig, vanwaar hulle suidwaarts gemigreer het. Hulle het eeue lank teen die Spaanse en Meksikaanse indringers geveg. Die eerste Apache-stooptogte op Sonora (in Meksiko) het in die laat 17de eeu plaasgevind. In die 19de-eeuse konfrontasie tydens die Amerikaans-Indiese oorloë het die Amerikaanse leër gou geleer dat die Apaches vurige krygers en vaardige strategiste is. Vandag is die die Apache-nasies polities outonoom, praat verskillende tale en het verskillende kulture.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Anuradhapura
Volgende onderwerp: Apelles
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:35:43 MGT 2024