Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Anubis
Anubis [boodskap #125252] Sa, 30 Maart 2019 06:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Beeldjie van die god Anubis.
Beeldjie van die god Anubis.
Anubis was 'n Egiptiese god met 'n jakkalskop. Hy was die bewaarder van die gestorwenes en is met balseming en die hiernamaals verbind. Sy vroulike eweknie was Anpoet, en sy dogter die slanggodin Kebechet.

Anubis is reeds in die 1ste Dinastie (ongeveer 3100-2890 v.C.) as die beskermer van grafte uitgebeeld. Hy het die afgestorwenes se siele tydens die "Weeg van die Hart"-seremonie geweeg om vas te stel of dit die paradys mag binnegaan. Hy was ook ’n balsemer. Teen die tyd van die Middelryk (ongeveer 2055-1650 v.C.) is hy deur Osiris in sy rol as god van die onderwêreld vervang.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Antwerpen
Volgende onderwerp: Anuradhapura
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:23:44 MGT 2024