Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Antwerpen
Antwerpen [boodskap #125251] Sa, 30 Maart 2019 06:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die stad Antwerpen se hawe.
Die stad Antwerpen se hawe.
Antwerpen is stad en munisipaliteit in die noorde van België aan die Schelde-rivier, grotendeels aan die regterkantse oewer. Dit is 'n handelstad en die vernaamste hawe van België. Die stad het geweldig groot dokke en uitgebreide handel met internasionale vragvervoer, asook 'n lughawe en spoorwegstasie. Daarnaas is die stad bekend om sy Rubensmuseum en die Onze-Lieve-Vrouw-katedraal en het 'n gewilde toeristebestemming geword. Suiker, tekstielware, petrochemiese produkte, ens. word hier vervaardig. Dit is die grootste Vlaamse stad; in die Middeleeue was dit lank vernaamste handelstad van Europa.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Antropologie
Volgende onderwerp: Anubis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:12:16 MGT 2024