Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Antropologie (Mensekunde)
Antropologie [boodskap #125248] Vr, 29 Maart 2019 06:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Leonardo da Vinci se bekende skets van die menslike liggaam.
Leonardo da Vinci se bekende skets van die menslike liggaam.
Antropologie (van Grieks anthropos, mens) is die vertakking van die natuurlike historie wat ’n studie van die mensdom maak. Dit is dus mensekunde of die studie van die mensdom. Dit het te doen met mense van alle tye en met alle dimensies van menswees. Die konsep van kultuur staan sentraal in antropologie.

Die mens word bestudeer
(a) in die tyd, d.w.s. sy ontwikkeling, waarby ingesluit word sy gereedskap en wapens, gewoontes, volkskunde, ens.; en
(b) in die ruimte, d.w.s. die verskeidenheid van rasse en hulle verspreiding oor die aardbodem, ook hoe die mens se omgewing hom beïnvloed het en hoe hy sy omgewing verander het.

Onder antropologie val die klassifikasie en verwantskap van die menserasse (etnologie), en dit is nou verbonde aan evolusie, aardrykskunde, argeologie, voorgeskiedenis en godsdiens.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Antrim
Volgende onderwerp: Antwerpen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:39:27 MGT 2024