Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Antonomasia (Antonomasie)
Antonomasia [boodskap #125243] Vr, 29 Maart 2019 06:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Antonomasia (Grieks: antonomazein - om met ’n ander naam te noem) is ’n vorm van beeldspraak waar ’n eienskap vir ’n persoon gebruik word, of ’n bepaalde eienaam metafories op ’n ander persoon betrek word.

Voorbeelde:
1. Hy is 'n Simon.
2. In George W. Bush se oë was Saddam Hoessein die Hitler van die Nabye Ooste.

Ook gebruiklik in die poësie:
"Vir Rachels wat in kindgeboort
gesterf het op die weg...”
(Totius: Uit Rachel).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Antonius, Marcus
Volgende onderwerp: Antrasiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:11:54 MGT 2024