Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Antonius, Marcus
Antonius, Marcus [boodskap #125242] Vr, 29 Maart 2019 05:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Borsbeeld van Marcus Antonius in die Vatikaanstad.
Borsbeeld van Marcus Antonius in die Vatikaanstad.
Marcus Antonius (oorlede 30 v.C.) was 'n Romeinse veldheer en redenaar, verwant aan Julius Caesar wat hom etlike hoë poste gegee het. In 44 v.C. was hy konsul. Ná die sluipmoord op Caesar het hy die Romeine opgesweep om op te trek teen Brutus en Cassius; met die hulp van Octavianus en Lepidus het hy daarna oor die Romeinse ryk geheers. Onderwyl hy in Egipte was, het hy verlief geraak op Cleopatra, maar was getroud met die suster van Octavianus. By die slag van Actium (31 v.C.) is hy verslaan; later het hy, onder die wanindruk dat Cleopatra selfmoord gepleeg het, sy hand aan sy lewe geslaan.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Antonissen, Robert K. J. E.
Volgende onderwerp: Antonomasia
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:03:58 MGT 2024