Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » was
was [boodskap #125238] Do, 28 Maart 2019 19:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kerswas
Kerswas
was
Afbreking: was




Selfstandige naamwoord: was
Meervoud: wasse

Betekenis:
• 'n Vetterige stof wat maklik smelt.
• Die handeling/daad om goed skoon te kry.
• Wasgoed.

Gebruik:
• Die kers se was drup op die grond.
• Jou orde kort 'n ordentlike was.
• Gooi jou vuil kouse in die was.

Vertaling:
Engels: wax, washing
Nederlands: was

'n Persoon wat sy hande was.
'n Persoon wat sy hande was.

Werkwoord: was
Verlede tyd: gewas
Teenwoordig deelwoord: wassende
Verlede deelwoord: gewaste

Betekenis:
• Om met 'n vloeistof (soos water) skoon te maak.

Gebruik:
• Gaan was jou hande voor etenstyd.
• Onthou om agter jou ore te was.
• Ons moet môre klere was en stryk.

Spreekwoord:
• Die twee seuns was aanmekaar. [Hulle baklei.]
• Die see kan hom nie skoon was nie. [Hy is 'n baie slegte persoon.]
• Hy was sy hande in onskuld. [Hy wil nie skuld vir iets aanvaar nie.]
• Die water van die see kan hom nie skoon was nie. [Hy het iets onvergeefliks gedoen.]
• As twee hande mekaar was, word albei skoon. [Deur 'n ander te help, word 'n mens self gehelp.]

Sinoniem:
• reinig
• skoonmaak

Afgelei:
• wasser
• wassery

Vertaling:
Engels: to wash
Nederlands: wassen


Werkwoord: is
Verlede tyd: was
Teenwoordig deelwoord: wees
Verlede deelwoord: gewees

Betekenis:
• Verlede tyd van is; verledetydsvorm van wees.

Gebruik:
• Dit was 'n moeilike tyd gewees.

Spreekwoord:
• 'n Man van toet, was hy beter dan was hy goed. ['n Niksbeduidende persoon.]
• As dit 'n slang was, het hy jou gepik. [Gesê vir iemand wat vlak teen 'n voorwerp is wat hy soek.]
• As lelik 'n siekte was, was iemand lankal dood. [Iemand is baie lelik.]
• Die hele boksemdais was daar. [Almal was daar.]
• Dit was meer geluk as wysheid. [Die sukses is meer aan geluk as aan iets anders te danke.]
• Dit was nie honderd jaar nie. [Nie lank daarna nie.]
• Dit was so naelskraap. [Dit het byna gebeur.]
• Dit was soos jy jou hand omdraai. [Dit was skielik.]
• Hulle was deeglik aangesmeer. [Hulle het 'n hegte vriendskap gehad.]
• Jan Rap en maat was daar. [Enige persoon, almal.]
• Sy son het ondergegaan terwyl dit nog dag was. [Hy het jonk gesterwe.]
• Sy tee was te sterk. [Hy is dronk.]
• Sy woorde was stille musiek. [Word gesê wanneer iemand gepraat het en almal is meteens stil.]
• Toe jy nog 'n apie was. [Voor jy nog gebore is.]
• Toe jy nog 'n bobbejaan was. [Voor jy nog gebore is.]
• Toe Tafelberg nog 'n molshoop was. [Baie lank gelede.]
Was jou pa 'n glasmaker? Jy staan in my lig.]

Vertaling:
Engels: was
Nederlands: was

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hy
Volgende onderwerp: te
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 08:16:48 MGT 2024