Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Antonides van der Goes, Jan
Antonides van der Goes, Jan [boodskap #125234] Do, 28 Maart 2019 18:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Portret van Joannes Antonides van der Goes.
Portret van Joannes Antonides van der Goes.
Jan Antonides van der Goes (1647 - 84) was 'n Nederlandse digter; navolger van Vondel wat deur baie van sy tydgenote bo sy meester gestel is. Sy groot roem dateer van die verskyning in 1671 van die gedig ter ere van Amsterdam, nl. Eistroom. Na sy dood word sy versamelde gedigte uitgegee deur sy vader (1685). Die boek is herhaaldelik herdruk en toon hom as ’n digter van goed versorgde vorm.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Antofagasta
Volgende onderwerp: Antonissen, Robert K. J. E.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:36:57 MGT 2024