| Antitese [boodskap #125232] |
Do., 28 Maart 2019 16:19  |
 |
Inligting
Boodskappe: 4590 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Antitese (teenstelling) is 'n stylfiguur waarin een gedagte in teenstelling met die volgende beklemtoon word. Dit word gedoen om 'n bepaalde eienskap te versterk of te benadruk. Mooi lyk immers mooier naas lelik, goed beter naas sleg.
Voorbeelde:
1. Hulle steun mekaar deur dik en dun.
2. Loop jy die smal of die breë weg?
3. By die klink van huweliksklokkies, by die kluitklap op die kis (C.J. Langenhoven).
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
|
|
|
| Re: Antitese [boodskap #150419 is 'n antwoord op boodskap #150417] |
Vr., 05 Desember 2025 11:22  |
 |
Jan die Man
Boodskappe: 544 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Soos ek dit verstaan, is ’n tese (wisselvorm: tesis) ’n stelling of standpunt wat gestel word.
Die woord tese is ’n leenwoord uit Frans, met die betekenis "stelling".
’n Antitese is die teenstelling of ’n teenargument wat dit kontrasteer.
|
|
|
|