Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amerikaanse voetbal
Amerikaanse voetbal [boodskap #125006] Vr, 15 Maart 2019 05:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Amerikaanse voetbal word gespeel.
Amerikaanse voetbal word gespeel.
Amerikaanse voetbal is 'n spel wat in 1876 ontstaan het toe verteenwoordigers van ’n paar Amerikaanse universiteite besluit het om ’n gewysigde soort rugby te speel. Die doel is ook om die bal tot agter die teenstanders se doellyn te dra, maar die metodes om dit te bereik, en die reëls verskil hemelsbreed van rugby. ’n Span het elf lede. Daar is geen skrum nie. Die span wat die bal het, kry vier kanse om te beweeg. As hy tien tree gevorder het, kry hy weer vier. So nie, is dit die ander span se beurt. As iemand met die bal hardloop kan spanmaats verdedigers uit die pad stamp. As beskerming is spelers dik opgestop en dra hulle valhelms. Die spel het nog nêrens buite Amerika posgevat nie.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Amerikaanse Burgeroorlog
Volgende onderwerp: Amerikaanse Vryheidsoorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:25:31 MGT 2024