Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amerika
Amerika [boodskap #125004] Do, 14 Maart 2019 20:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Amerikas.
Die Amerikas.
Amerika (ook die Amerikas) is 'n vasteland bestaande uit twee (2) reuse, driehoekige landmassas in die Westelike Halfrond. Die landmassas is deur die smal landengte van Panama aan mekaar verbind. Dit lê oos van die Stille Oseaan en wes van die Atlantiese Oseaan, en is onderverdeel in Noord-Amerika, Sentraal-Amerika en Suid-Amerika.

Amerika is vermoedelik na die Italiaanse ontdekkingsreisiger Amerigo Vespucci (1454-1512) genoem. 'n Wêreldkaart wat in 1507 deur Martin Waldseemüller gepubliseer is, is sover bekend die vroegste publikasie waarin dié naam gebruik is.

Noord-Amerika omvat Alaska, Kanada, Newfoundland, die V.S.A., Mexiko, ens.; Noord-Amerika was waarskynlik aan die Noormanne bekend in die 1Ode eeu n.C., en is in 1497 deur Cabot herontdek. Die grootste bergreeks is die Rots-gebergte naby die kus van die Stille Oseaan.

Sentraal- of Midde-Amerika omvat Honduras, Nicaragua, Panama, ens.;

Suid-Amerika omvat Brasilië, Argentinië, Peru, Chili, Venezuela, Bolivia, ens. Die grootste bergreeks is die Andes naby die kus van die Stille Oseaan. Suid-Amerika is in 1492 deur Columbus ontdek

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Amenhotep
Volgende onderwerp: Amerikaanse Burgeroorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:43:40 MGT 2024