Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amenhotep
Amenhotep [boodskap #125003] Do, 14 Maart 2019 19:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Beeld van Amenhotep I.
Beeld van Amenhotep I.
Amenhotep is die naam van vier Egiptiese konings van die 18de dinastie in die tyd van die Egiptiese wêreldheerskappy:

Amenhotep I (1557 - 36 v.C.), het Nubië verower en tot aan die Eufraat deurgedring;

Amenhotep II (1448 - 20 v.C.);

Amenhotep III (1411 - 1375 v.C.), Egipte op die toppunt van sy mag; bouer van die tempel by Luxor;

Amenhotep IV (1375 - 58 v.C.), die merkwaardigste van al die farao’s; godsdienstige hervormer; het die kultus van die aanbidding van die son (Aton) ingevoer, daarom het hy homself Ach-n-aton (d.i. dis aangenaam vir Aton) genoem. Hy het die wêreldryk verwaarloos en dit was die begin van die agteruitgang van Egipte as groot moondheid. Sy opvolger was Toetankamen.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Amenemhet
Volgende onderwerp: Amerika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:24:37 MGT 2024