Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amenemhet
Amenemhet [boodskap #125001] Do, 14 Maart 2019 06:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Beeld van Amenemhet III.
Beeld van Amenemhet III.
Amenemhet is die naam van Egiptiese konings van die 12de dinastie:

Amenemhet I (1995 - 65 v.C.), stigter van die dinastie, het Egipte verenig tot een ryk.

Amenemhet II (1935 - 1900 v.C.), die derde farao van die 12de Dinastie. Min is bekend oor sy bewind van 35 jaar. Sy troonnaam, Noebchaoere, beteken "Goud is die Siele van Ra".

Amenemhet III (1850 - 1800 v.C.), bouer van die piramide en tempel van Hawara (die Labirint) en van die waterboukundige werke by Fajoem. Amenemhat III se troonnaam, Nimaatre, beteken "Behorende tot die Geregtigheid van Ra".

Amenemhet IV (1800 - 1791 v.C.).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Amoeba
Volgende onderwerp: Amenhotep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:21:25 MGT 2024