Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amoeba (Amebe)
Amoeba [boodskap #125000] Do, 14 Maart 2019 06:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Skets wat sommige spesies van die genus Amoeba uitbeeld.
Skets wat sommige spesies van die genus Amoeba uitbeeld.
'n Amoeba (of amebe; Grieks: "sonder vorm") is 'n nederige vorm van dierelewe wat onder 'n mikroskoop soos 'n stippeltjie jellie (selei) lyk. Dit is 'n eensellige organisme wat bestaan uit protoplasma met een of meer kerne. Die endoplasma (binnenste lagie) is troebel en korrelig terwyl die ektoplasma (buitenste lagie) meestal helder is.

Amoebas word in die modder van damme en selfs as 'n parasiet in mense aangetref. Dit voed hoofsaaklik op bakterieë en plant deur deling voort. Die organisme behoort tot die wortelpotiges en varieer afhanklik van die soort tussen 30 en 800 µm. Dit beweeg voort deur tydelike uitsteeksels (skynpootjies) te vorm.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ambrosia
Volgende onderwerp: Amenemhet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:46:02 MGT 2024