Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amasone (Amasonerivier)
Amasone [boodskap #124996] Wo, 13 Maart 2019 06:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Amasonerivier.
Die Amasonerivier.
Die Amasone is 'n Suid-Amerikaanse rivier, ongeveer 6 437 km (4000 myl) lank. Dit is op twee na die langste rivier in die wêreld, en sy stroomgebied is groter as dié van die Mississippi en die Nyl tesame. Dit ontspring in die Andes; vloei in die Atlantiese Oseaan naby Pará; bevaarbaar vir seeskepe tot Iquitos. Onder sy takriviere, wat tussen ontsaglike en grotendeels onbekende tropiese woude deur kronkel, is die Napo, Marañon, Putumayo, Rio Negro, Juruá, Purus, Madeira, Tapajos en Xingu.

Die Amasone-stroomgebied is minder deur die mens verander as byna enige landstreek in die wêreld, buiten die poolstreke en die woestyne. Verskillende gebiede het vroeër groot hoeveelhede wilde rubber opgelewer, maar in 1881 is saad van Brasiliaanse rubberbome na Kew in Engeland gebring, en van die jong plantjies wat daar gekweek is, het byna al die rubberplantasies in Maleia en Indonesië gekom, want daar is teenswoordig min vraag na wilde rubber.

Unesco, wat die Amasone-stroomgebied onlangs ’n nuwe naam, Hylea, gegee het, is besig met ontsaglike ontwikkelingsplanne vir hierdie uitgestrekte gebied van Suid-Amerika.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Amaryllidaceae
Volgende onderwerp: Amasones
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:17:30 MGT 2024