Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amaryllidaceae
Amaryllidaceae [boodskap #124994] Di, 12 Maart 2019 06:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Boslelie (Clivia) behoort aan die familie Amaryllidaceae.
Die Boslelie (Clivia) behoort aan die familie Amaryllidaceae.
Amaryllidaceae is 'n Angiosperme familie van kruidgewasse met gerokte bolle, lynvormige, grondstandige blare, en meestal groot en opvallende blomme wat dikwels in 'n skerm aan die top van 'n kaal bloeias ontwikkel. Die blom het 6, dikwels vergroeide, gekleurde blomdekblare in 2 kranse, soms met 'n bykroon, 6 meeldrade en 'n onderstandige, 3-hokkige vrugbeginsel wat tot doosvrug of bes ontwikkel met baie sade. Voorbeelde: affodil, Amaryllis, belladonnalelie, ifafalelie, nerina, gifbol, koekemakranka, narsing en die velskoenblaar.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Amarant
Volgende onderwerp: Amasone
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:38:52 MGT 2024