Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amalekiete
Amalekiete [boodskap #124989] Ma, 11 Maart 2019 07:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Amalekiete, of die kinders van Amalek, was 'n woeste swerwerstam in Ou Testamentiese tye wat strooptogte op kamele uitgevoer het. Hulle was afstammelinge van van Elifas, die seun van Esau, en het dikwels het met die Israeliete in oorlog verkeer. Die eerste voorval word in Eksodus 17:8-15 beskryf, waar hulle Israel tydens hul verblyf in Sinai aangeval. Daar was verder konflikte in die tyd van die rigters, toe Israel al in Palestina gevestig was. Saul het later aan die hand van ’n Amalekiet gesterf (2 Sam 1:1-10). Dawid het die Amalekiete se laer aangeval en almal verslaan, behalwe 400 jongmans wat met kamele weggekom het (1 Sam 30:17). Hulle word laastens genoem in die lys van Israel se vyande wat deur Dawid onderwerp is (2 Sam 8:12).

Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Christelike Kernensiklopedie (eCKE)

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Amajuba
Volgende onderwerp: Amalgaam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:49:03 MGT 2024