Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amajuba
Amajuba [boodskap #124988] So, 10 Maart 2019 21:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Amajuba
Amajuba
Amajuba (Zulu vir "Die Duiwe") is 'n bergkop in die Drakensberg naby Volksrust. Op 27 Februarie 1881 het die Boere op die berg ’n oorwinning oor die Engelse behaal wat gelei het tot die beëindiging van die Britse anneksasie van Transvaal (Sien Eerste Vryheidsoorlog). Die vorige nag het genl. Colley, nadat hy tevore by Laingsnek en Schuinshoogte met swaar verliese deur genl. Joubert teruggeslaan is, die kruin van die berg beset met 554 man om daardeur ’n strategiese posisie te kry vir sy deurbraak na Transvaal. Die volgende oggend is die vyande op die berg uit die Boerelaer gewaar en 150 man onder David Malan, Stephanus Roos en Joachim Ferreira het die berg in twee groepe bestyg terwyl van onder ’n dekkingsvuur onderhou is. Toe die Boere om eenuur die kruin bereik, het paniek onder die Engelse uitgebreek, sodat sommige in hul vlug die kranse afgestort het. Saam met Colley is van die Engelse 92 gedood, 134 gewond en 53 gevang. Van die Boere is een gedood en 5 gewond.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Alva, Fernando Alvarez de Toledo
Volgende onderwerp: Amalekiete
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:12:20 MGT 2024