Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aluminium
Aluminium [boodskap #124985] So, 10 Maart 2019 19:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aluminium
Aluminium
Aluminium is 'n wit metaal en element, simbool Al; atoomgewig 26.97; atoomgetal 13; baie lig, word maklik uitgeklop of in baie dun draad getrek; goeie geleier van elektrisiteit; word in die handel deur elektrolise van bauxiet geproduseer; word baie in verskillende legerings gebruik, bv. aluminiumbrons, aluminiumgeelkoper. Omdat dit lig is en weerstand teen roes bied, word die metaal en sy allooie op groot skaal vir vliegtuie gebruik. Aluminium word nog meer bestand teen roes gemaak d.m.v. anode-werking, d.w.s. die aanbring van ’n oksidelaag deur ’n elektrolitiese proses. Dit word ook veel gebruik vir kombuisgereedskap en (in dun velle) om eetware in toe te draai.

’n Legering van aluminium, koper, mangaan en magnesium is in 1906 uitgevind en duralumin genoem; dit bereik eers ’n paar dae ná die vervaardiging die hoogste graad van sterkte en hardheid.

Nota: Aluinaarde is 'n ou naam vir aluminiumokside.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aluin
Volgende onderwerp: Alva, Fernando Alvarez de Toledo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:25:16 MGT 2024