Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Altaïse tale
Altaïse tale [boodskap #124983] So, 10 Maart 2019 19:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Altaïse (Altaïese) tale is 'n groep tale wat in Sentraal-Eurasië gepraat word, waartoe die Turkse, Mongoolse en Toengoesiese tale behoort. Die groep se naam kom van die Altai-berge, ’n bergreeks in Sentraal-Asië. Die tale het moontlik 'n gemeenskaplike oorsprong in 'n proto-Altaïese taal wat duisende jare gelede gepraat is. Dit is ook moontlik dat die ooreenkomste slegs as gevolg van taalkontak tussen die tale ontstaan het.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Altai
Volgende onderwerp: Aluin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:30:50 MGT 2024