Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alpe
Alpe [boodskap #124979] So, 10 Maart 2019 16:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Alpe
Die Alpe
Die Alpe is die hoogste gebergte in Europa. Die met sneeu bedekte reekse en groepe van meer as 200 000 vierkante kilometer strek oor 'n afstand van 1 200 kilometer van Frankryk in die weste tot Oostenryk en Slowenië in die ooste en van Suid-Duitsland in die noorde tot Italië in die suide. Hulle vorm ’n groot versperring tussen Italië en Noord-Europa en word op verskillende plekke Switserse Alpe, See-Alpe, Berner Oberland, Oostenrykse Alpe, Juliese Alpe ens. genoem. Die hoogste piek is die Mont Blanc (4 808 meter; 15,732 vt.). Die belangrikste pas (Italië-Oostenryk) is die Brenner, waarlangs die eerste spoorlyn oor die Alpe in 1869 gebou is; onder die tonnels deur die Alpe is die Mont Cenis, die St. Gotthard en die Simplon. Dit het in ongeveer 1850 ’n gewilde sport geword om die Alpe te klim. Sien Switserland.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Almeria
Volgende onderwerp: Alpeviooltjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:19:15 MGT 2024