Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alliterasie
Alliterasie [boodskap #124975] So, 10 Maart 2019 15:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alliterasie is die ooreenkoms van medeklinkers, gewoonlik aan die begin van woorde in 'n uitdrukking (lief en leed) of versreël. Soms bloot as uiterlike versiering aangewend, soms funksioneel bv. om psigologies verwante woorde met mekaar te verbind, soos in die volgende verse van D.J. Opperman:

"En wat is die mens, en wat is sy dade
sonder U? Ek spartel in seë, snik
in U branding, sink tot slik...
"
("Legende van die drenkeling").

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Allison, Joseph
Volgende onderwerp: Allotropie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:11:58 MGT 2024