Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Allison, Joseph
Allison, Joseph [boodskap #124974] So, 10 Maart 2019 12:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Joseph Allison (1816 - 69) was die seun van ’n Britse setlaar te Clanwilliam. Hy trek ná 1839 na die Transgariep. Met die proklamering van die Oranjerivier-soewereiniteit (1848) is hy tot sekretariële klerk en registrateur van aktes van die Britse Resident benoem. Hy rig die eerste soliede woonhuis in Bloemfontein op. Ná die Konvensie van Bloemfontein (1854) benoem tot registrateur van aktes. Later word hy lid van die Volksraad vir Harrismith. Onder M.W. Pretorius dien hy as goewerment-sekretaris en tesourier-generaal. Hy was ook ruk lank waarnemende presedent en onsuksesvolle kandidaat teen J.H. Brand in 1864.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Allergie
Volgende onderwerp: Alliterasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:19:14 MGT 2024