Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Allergie
Allergie [boodskap #124973] So, 10 Maart 2019 12:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Allergie (Grieks: allos = ander; ergon = werk) is 'n toestand van oorgevoeligheid of idiosinkrasie wat sekere mense ten gevolge van kontak (hetsy deur inademing, ingestie, aanraking, inspuiting of blootstelling) met een of meer stowwe ondervind. Allergiese persone is geneig om vir al meer stowwe allergies te word. Veltoetse word gedoen om vas te stel of iemand allergies is en waarvoor. Allergiese simptome, bv. brongiale asma, hooikoors, netelroos, ekseem, diarree, hoofpyn ens. word veroorsaak deur plantaardige, dierlike en chemiese stowwe, kieme (organismes), geneesmiddels, hormone, kossoorte, warmte, koue, lig ens. (Geestelike en oorerflike allergieë word erken). Geestestoestand en gesondheidspeil beïnvloed allergie. Geneeskundige ongevoeligmaking is in party gevalle moontlik.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Allenby, Edmund H.H.
Volgende onderwerp: Allison, Joseph
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:40:35 MGT 2024