Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Allenby, Edmund H.H.
Allenby, Edmund H.H. [boodskap #124972] So, 10 Maart 2019 10:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Edmund Allenby
Edmund Allenby
Burggraaf Edmund H.H. Allenby (1861 - 1936) was 'n Britse krygsman. Hy het in die Anglo-Boereoorlog geveg. Tydens Wêreldoorlog I is hy na Frankryk en België gestuur. In 1917 was hy die opperbevelhebber in Egipte. Hy het Jerusalem ingeneem, die slag van Megiddo gewen en die Turke uit Palestina verdrywe. Hy is later tot veldmaarskalk en burggraaf Allenby van Megiddo en Felixstowe verhef.

Allenby se bynaam was "Bloody Bull" en hy was moontlik een van die suksesvolste Britse generaals tydens die Eerste Wêreldoorlog. Hy kon handig gebruikmaak van strategieë wat hy tydens die Tweede Boereoorlog geleer het. Hy kombineer lugaanvalle, infanterie en kavallerie tot wat baie as 'n voorloper van die Blitzkrieg beskou.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Allegorie
Volgende onderwerp: Allergie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:04:43 MGT 2024