Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Allegorie
Allegorie [boodskap #124971] So, 10 Maart 2019 10:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Allegorie (Grieks: allegoria - die beskrywing van iets onder die beeld van iets anders) is die teenoorgestelde van simboliek. Die simbolis ontdek 'n nuwe waarheid in die werklikheid; die allegoris wil 'n waarheid verkondig en maak daarvoor gebruik van die werklikheid. In die 16de eeu 'n geliefde vorm vir die verkondiging van sedelike waarhede (Elckerlyc), in Engels: The Faërie Queen (Spenser) en later J. Bunyan: Pilgrim's Progress. Totius word meermale 'n simbolis genoem. Soms is hy dit wel, maar meermale is hy die allegoris wat met 'n natuurgegewe 'n waarheid demonstreer wat hy reeds besit.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Allegheny-gebergte
Volgende onderwerp: Allenby, Edmund H.H.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:59:48 MGT 2024